Jaarboeke

Streekskaal-intervensies 821


 
Modulekode TPI 821
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Module-inhoud Oorsig, aard en rasionaal van streeksintervensies op supra-nasionale en sub-nasionale skaal; benaderings tot beplanning en ontwikkeling op kontinentale, makro-streek-, provinsiale en distrikskaal; tipes intervensies (onder andere institusioneel, ruimtelik, ekonomies en sosiaal) ten einde herstrukturering en ontwikkeling in streke op 'n relevante, sosiale en omgewingsverantwoordbare manier te bereik, voormalige en huidige voorbeelde van beplanning op elkeen van hierdie vlakke; kritiek en verbeterings op huidige praktyk; debatte rondom die manier waarop probleme van landelike nedersettings (soos die afwesigheid van 'n ekonomiese basis en nodige infrastruktuur, gebrek aan toegang tot grond en botsende eise rakende natuurlike hulpbronne) in streke aangespreek kan word; internasionale en plaaslike gevallestudies. Gesimuleerde oefening van streekskaal-intervensies.
Modulekrediete 20.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Kontaktyd 40 kontakure per semester
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Akademiese organisasie Stads- en Streekbeplanning
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences